Ek wil julle net inlig hoe opgewonde ek is oor my nuwe cd.Ek het hom klaar opgeneem en hy word einde September vrygestel.So vir die van julle wat al vir "Diamant" sif gespeel het, die tweede een is amper hier!!!!
Ek hoop julle gaan hom baie geniet!!!!!Sy naam is "DINK AAN MY"
Ek stuur in September vir julle my eerste nuusbrief uit en die voorblad van die cd dat julle hom dadelik in die winkel kan identifiseer.Die nuusbrief sal ook inligting he op shows en sommer bietjie algemene inligting.
Ons is nou in resessie, maar ek besef elke dag, niks kan n mens se gemoed lig soos musiek nie!!!!
Dis amper lente en die winter is verby...gaan pluk n blom in die veld en ruik net die lekker geur daarvan, stop langs die pad en pluk vir jou vrou n blom uit die veld!!!!
Dankie soos altyd vir al my ondersteuners....julle is vir my goud werd...ek wens ek kon vir julle elkeen op lente dag n blom uit die veld gee:-)
Hoop julle het n lekker week verder!!!!!!!!!En vir die van julle wat nog nie geregistreer het vir my nuusbrief nie, sluit asb aan...
Baie liefde
Andriette